Tik letters op die sleutelbord om 'n raaiskoot in te voer. Gebruik die Terug sleutel om letters uit te wis. Sodra jy 'n vyf letter raaiskoot voltooi het, tik die Inskryf sleutel. Mits jy korrek geraai het sal 'n deuntjie speel en 'n kort boodskap verskyn. Jy kan die woord tik vir sy definisie, indien ondersteun in die verkose taal.
Letters wat in die regte woord voorkom, maar op die verkeerde plek is sal geel wees. Indien die letter ook in die regte plek is sal dit groen wees. Letters wat nie in die woord voorkom nie sal grys wees. Hou aan probeer tot u die woord reg geraai het. Die venster sal oprol indien u uit raaie gehardloop het. Kleure kan verander word deur Beklemtoon kleure in die spyskaart te kies.
Lang druk op 'n letter in die huidige raai om dit te sluit en dit grys sal maak. Lang druk weer om die slot te verwyder. Geslote letters sal geignoreer word wanneer karakters ingevoer of uitgewis word. Lang drukke op letters wat nie deel is van die huidige raai nie, sal 'n spyskaart wat aksente toelaat aktiveer.
Lang druk op 'n letter in 'n voltooide raaiskoot. Dit sal 'n spyskaart na vore bring van on- en geaksentueerde letters. Kies die verkose letter.
Tik op enige woord om die betekenis van die woord te vertoon. Enige verkose aksente kan ook bygevoeg word soos hierbo aangedui.
Tik die Verfris knoppie in die nutsbalk bo om die vertoon skoon te maak en 'n nuwe woord te kan raai. Woorde word ewekansig uit 'n woordlys deur die program gekies en word getoets om seker te maak dat hul nie onlangs gebruik is nie.
Deel 'n prent van die huidige vertoon.
Vertoon 'n alfanumeriese kode en QR kode wat 'n nuwe reeks van woorde om te raai verteenwoordig. Deur die kode te deel met 'n ander Gurgle op 'n ander foon kan veelvuldige fone dieselfde reeks van woorde he om van te raai, soos nodig mag wees in 'n kompetisie. Deur die QR kode knoppie in die dialoog te tik word die QR kode prent gedeel. 'n Tik op die kode knoppie deel die alfanumeriese kode.
Kies die gekleurde tema vanuit die Tema knoppie in die nutsbalk.
Kies Taal vanuit die spyskaart.
Voer die kode wat gedeel is deur 'n ander Gurgle in om dieselfde reeks woorde te stel. Indien 'n spel besig is moet die Verfris knoppie gedruk word alvorens die nuwe reeks woorde gelaai sal word. 'n Eie kode kan ook uitgedink word en moet of geen of twee gelykaan- simbole (=) op die end hĂȘ.
Maak die kamera aktief om 'n foto van die QR kode op 'n ander Gurgle af te neem. 'n goeie QR kode aftaster program sal dit kan ontsyfer en oopmaak in Gurgle.
Indien die program voorsien word van 'n kode of QR kode prent sal dit 'n nuwe reeks van woorde instel indien die kode suksesvol ontsyfer is. Dit sal nie die huidige spel kortwiek nie. Die verfris knoppie moet eers gedruk word voor die nuwe reeks inskop.
'n Dialoog sal verskyn wat twee raaie bevat, een met van die letters in die woord in die verkeerde plek en 'n korrekte raai en drie kleurspektra. Verstel die kleur van letters in verkeerde plekke deur die boonste spektrum te tik. Verstel korrekte letters met die middelste spektrum. Die derde spektrum verstel die skadus van grys vir die letters wat nie in die woord voorkom nie. Die Herstel knoppie kies die verstek kleure, die Kanseleer knoppie verander niks en die Aanvaar knoppie bevestig die veranderinge.
Gebruik my Crossword of WordleSolver app om te kul in ondersteunde tale.